Ons Storie

Ons liefdesverhaal begin in Oktober 2014 tydens ñ kerkkamp.

Ons was maar 19 en 22 jaar oud. Ons glo alle liefdesverhale is mooi, maar ons sin is vir ons die heel mooiste.

Sagte laataand geselsies, sakke sout opeet, trek in die reën, afstand, plant, oes, trekker ry en uitbundige lag en diep omgee is maar ñ klein stukkie van ons storie. Gereeld draai ons oë na mekaar en voel ons dankbaar vir kosbare tye saam.

Ons 2 honde Blikkies en Zia is soos ons kinders en geniet tye op die plaas net so baie soos ons. Lynese is die vergeetagtige een en Lp die verantwoordelike een wat nog altyd sorg dat alles wat waardevol is wat rondlê veilig gebêre of ingepak word.

En soos Antjie Krog skryf: “as ek die dag my hand in joune sit, sal ek my padkaarte bêre met die wete: my reise opsoek na jou is verby!”

Create your website with WordPress.com
Get started